Afrikaans Graad 4 - Begripstoets
Afrikaans Huistaal
Begripstoets
Graad 4
Totaal: 20
Tyd: 45 minute
Lees die onderstaande storie en beantwoord daarna die vrae.
In ‘n klein dorpie woon ‘n dogtertjie. Haar naam is Susan. Sy hou baie daarvan om buite te wees en om in die tuin te werk. Sy is 10 jaar oud. Dit is uiteindelik lente. Sy wag al die hele winter hiervoor! Nou kan sy begin om in die tuin te werk. Sy vat haar grafie en spitvurk en begin om die bedding om te spit. Eers woel sy die grond om. Sy gaan haal toe die kompos en meng dit in die grond in. Nou wonder sy watter saadjies om te plant? Sy kan nie besluit of sy groente of blomme wil plant nie. Sy besluit om in die tuin rond te stap om te kyk wat daar is. Die winter was so lank sy wonder watter plante het alles oorleef. Rose, vetplante en clivias. Die clivias blom te pragtig.
“Susan!” roep haar ma.
“Ja, ma?” antwoord sy.
“Kom help my gou met die kos asseblief.”
Die plantery sal moet wag want haar ma roep haar om te help. Nou kan sy rustig vannaand besluit wat sy wil plant. Môre is nog ‘n dag.
Susan het daardie aand besluit om komkommer, blaarslaai en spinasie te plant. Die volgende dag na skool is sy toe dadelik na haar tuintjie om die groente te plant.
a. Wat is die dogtertjie se naam? (1)
b. Hoe oud is sy? (1)
c. Wat hou sy van om te doen? (2)
d. Watter seisoen is dit? (1)
e. Watter tuingereedskap neem sy saam haar na buite? Noem twee. (2)
f. Wat doen sy met die tuingereedskap? (1)
g. Watter drie plante het die koue winter oorleef? (3)
h. Wat blom al te mooi? (1)
i. Hoekom het Susan se ma haar geroep? (2)
j. Wat gaan Susan vanaand doen? (2)
k. Watter groente het sy besluit om te plant? (3)
l. Wanneer het sy die groente gaan plant? (1)
MEMORANDUM
a. Wat is die dogtertjie se naam? (1)
Susan √
b. Hoe oud is sy? (1)
Susan is nege jaar oud. √
c. Wat hou sy van om te doen? (2)
Susan hou daarvan om buite te wees √ en om in die tuin te werk. √
d. Watter seisoen is dit? (1)
Dit is lente. √
e. Watter tuingereedskap neem sy saam haar na buite? Noem twee. (2)
Sy neem ‘n grafie √ en ‘n spitvurk √ saam haar na buite.
f. Wat doen sy met die tuingereedskap? (1)
Susan spit die bedding met die tuingereedskap. √
g. Watter drie plante het die koue winter oorleef? (3)
Die rose √, vetplante √ en clivias √ het die winter oorleef.
h. Wat blom al te mooi? (1)
Die clivias blom al te mooi. √
i. Hoekom het Susan se ma haar geroep? (2)
Susan se ma het haar geroep om haar te kom help met die kos. √ Spelling√
j. Wat gaan Susan vanaand doen? (2)
Susan gaan vanaand besluit watter plante sy môre gaan plant. √ Spelling √
k. Watter groente het sy besluit om te plant? (3)
Sy het besluit om komkommer √, blaarslaai √ en spinasie √ te plant.
l. Wanneer het sy die groente gaan plant? (1)
Sy het die groente na skool gaan plant. √
Congratulations @tanyaschutte! You have completed some achievement on Steemit and have been rewarded with new badge(s) :
Click on any badge to view your own Board of Honor on SteemitBoard.
For more information about SteemitBoard, click here
If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word
STOPGaan defenitief die een steel vir my kleintjies - dankie
Jy is meer as welkom.