Afrikaans: 10 kort leesstukkies en vrae (Graad 1 -3)

Vir die Afrikaanse "Onnies".
cat-reading-newpaper-animated-gif.gif

a. Daan se aap
Daan het 'n vaal aap.
Die aap se naam is Faan.
Daan maak Faan vas aan 'n paal.
Hy sit op die paal en gaap.
Hy sit langs die paal en gaap.
Faan gaan slaap langs die paal.

Spelwoorde: aan; aap; naam; gaan; slaap; paal; Faan; gaap; vaal
Vrae

• Wat is die aap se naam?
• Waar maak Daan hom vas?
• Wat doen hy op die paal?
• Waar slaap Faan?
• Gebruik twee van die spelwoorde in mooi sinne.
0003.gif

b. Faan eet 'n peer
Daan eet eers 'n peer.
Hy gee Faan een peer.
Faan vreet die peer.
Faan vreet weer 'n peer.
Die peer maak sy maag seer.
Faan skree weer en weer.
Faan vreet nie meer 'n peer nie.

Spelwoorde: Daan; peer; gee; maak;seer;skree; maag; meer;vreet
Vrae:

• Wat is die name van die twee karakters?
• Wat eet hulle?
• Waar het Faan seer?
• Gebruik twee van die spelwoorde in mooi sinne.

c. Wolf se spook
Oom Ben koop ‘n plaas langs ’n stroom.
Hy woon voor die stroom.
Oom Ben koop ‘n groot bok.
Wolf maak die arme bok dood.
Oom Ben jaag vir wolf oor die stroom.
Hy maak toe vir wolf dood.
Nou spook wolf by oom Ben.

Spelwoorde: plaas; koop; dood; stroom; maak; woon; oor; nou; jaag; voor; spook
Vrae:
• Wat is die oom se naam?
• Waar is die oom se plaas?
• Bly die oom voor of na die stroom?
• Wat koop die oom?
• Wie maak die bok dood?
• Wat doen die oom met die wolf?
• Wie spook nou by die oom?
• Gebruik twee van die spelwoorde in mooi sinne.
ghost.gif

d. Oom Gert se plaas
Langs die groot groen kop is oom Gert se groot plaas.
Op die plaas het hy ‘n draad gespan.
Die plaas het ook ‘n grys hout hek.
Van die hek af loop ‘n stofpad huis toe.
Langs die pad staan ‘n grasgroen boom.
Agter boom die sien ons die mielielande.

 Spelwoorde: stof; groot; gespan; plaas; kop; loop; van; draad; om; oom; langs; staan
   Vrae:

• Waar is oom Gert se plaas?
• Het hy ‘n klein of ‘n groot plaas?
• Watter tipe hek het oom Gert?
• Waar begin die stofpad huis toe?
• Wat kan ons agter die boom sien?
• Gebruik twee spelwoorde in mooi sinne.
Fence-gate-(animated).gif

e. Tant San
Oom Gert het met Tant San getrou.
Nou is hul man en vrou.
Tant San maak Oom Gert se huis skoon.
Hierdie groot huis staan langs ‘n groot boom.
Voor die huis is Tant San se tuin.
Sy plant graag groente en baie blomme.

 Spelwoorde: langs; trou; huis; skoon; plant; vrou; tuin; groot; tant; nou; boom; skoon
 Vrae

• Met wie het oom Gert getrou?
• Wie maak die huis skoon?
• Waar staan die groot huis?
• Waar is Tant San se tuin?
• Wat plant Tant San graag?
• Gebruik twee spelwoorde en maak mooi sinne.

gate-tree.gif

f. ’n Klei lat.
Naby die huis is ’n groot vlei.
Klein Piet stap stadig na die boom toe.
Hy sny ‘n lat met sy vlymskerp mes.
In die vlei kry hy rooi klei.
Hy sit die klei aan sy lat.
Daar kom ‘n duif verby en hy gooi die duif.
Hy mis die duif en tref vir Ben.
Ben lag baie lekker saam.

 Spelwoorde: vlei; huis; hy; rooi; duif; lekker; stadig; boom, gooi; lat
 Vrae

• Waar is die groot vlei?
• Wie stap stadig na die boom?
• Met wat sny hy sy lat?
• Wat is die kleur van die klei?
• Het hy die raak gegooi?
• Wie gooi hy toe raak?
• Was Ben kwaad?
• Gebruik twee spelwoorde en maak twee mooi sinne.
94350467172aa8a3ab5f561d6ae10061.gif

g. Oom Piet is ‘n melkboer.
Op sy plaas saai oom Piet gras.
Die gras groei mooi.
Oom Piet het mooi rooi koeie.
Die koeie vreet graag gras.
Die koeie gee vir hom goeie melk.
Hy gooi al die melk in groot melkkanne.
Hy laai die melk op sy geel bakkie.
Hy ry dorp toe en laai die melk by die huise af.
Almal koop melk by oom Piet.

Spelwoorde: koei; laai; mooi; geel; koeie; groei; saai; rooi; vreet; bakkie; roei; kraai; nooi; gee; huise
Vrae:
• Wat saai oom Piet op sy plaas?
• Watter kleur is gras?
• Watter kleur koeie het oom Piet.
• Wat eet die koeie?
• Wat gee die koeie vir oom Piet.
• Waarin gooi hy al die melk?
• Met wat ry hy die melk aan dorp toe?
• Gebruik twee spelwoorde en maak mooi sinne.
ko.jpg

h. ’n Brand op die plaas.
Die gras op die plaas is baie droog.
Een van die werkers het geloop en rook.
Hy gooi toe sy stompieweg sonder om te dink.
Die gras raak aan die brand.
Die vlamme is hoog en rooi.
Daar is ‘n groot rookwolk.
Die werkers hardloop na die brand.
Hulle slaan die vlamme met sakke.
Gelukkig kom daar ’n groot swart wolk.
’n Groot reënbui sak uit.
Die reën maak die brand dood.

Spelwoorde: loop; gooi; aan; vlamme; stompie; rook; nooi; maak; sakke; wolk; hardloop; rooi; raak; brand; werkers
Vrae:
• Is die gras op die plaas nat of droog?
• Hoe raak die gras aan die brand?
• Watter kleur is die vlamme?
• Waarheen hardloop die werkers?
• Met wat slaan hul die vlamme?
• Wat bring die groot swart wolk?
• Gebruik twee spelwoorde en maak mooi sinne.
sun and moon (98).gif

i. Tant Annie boer met hoenders
Tant Annie het baie mooi hoenders.
Saans slaap hulle almal in die hok.
Bedags loop die hoenders die vlak vol.
Sy voer die hoenders mielies en groen gras.
In die hok is baie neste.
Daar haal sy al die eiers uit.
Tant Annie was dan die eiers.
Sy pak die eiers in die kaste op die bakkie
en verkoop hul in die dorp,

Spelwoorde: groen; eiers; baie; slap; mooi; goed; mielies; bedags; saans; lê; hoenders; bakkie; haal; dorp.
Vrae:
• Watter diere het Tant Annie?
• Waar slaap al die hoenders?
• Wat doen hulle deur diedag?
• Wat voer Tant Annie die hoenders omte eet.
• Waar is al die neste?
• Waar kry Tant Annie al die eiers?
• Waar gaan verkoop Tant Annie die eiers?
• Gebruik twee spelwoorde in mooi sinne.
b-410037-Animated_Chicken_Graphic.gif

j. In die moeilikheid.
Ou Ben trek sy ou jas uit.
Hy hang dit op ’n tak in die groot ou boom.
Piet sien ‘n grasgroen slang langs die stal.
Hy hardloop en maak die slang vining dood.
Hy bak vir Ben ’n poets.
Hy sit die slang in Ben se jas.
Ou Ben skrik sommer groot vir die slang.
Hy hardloop rond en skreeu.
Piet rol rond op die grond soos hy lag.
Ou Ben besluit:
“Nou is dit jou beurt ou Piet.”

Spelwoorde: sy; gou; slang; skreeu; hy; nou; langs; moeilikheid; gryp; hang; grond; stal
Vrae:
• Wat trek ou Ben uit?
• Waar hang hy sy jas?
• Waar sien Piet die slang?
• Watter kleur isdieslang?
• Vir wie bak Piet ’n poets?
• Waar sit hy die slang?
• Wat doen Ben toe hy skrik vir die slang?
• Wat doen Piet terwyl hy lag?
• Wie se beurt is dit nou vir ’n poets?
• Gebruik twee van die spelwoorde in mooi sinne.

animated-cobra-snake-gif-2.gif
()

Sort:  

Congratulations @tanyaschutte! You have completed some achievement on Steemit and have been rewarded with new badge(s) :

Award for the total payout received
Award for the number of upvotes
Award for the number of comments received

Click on any badge to view your own Board of Honor on SteemitBoard.
For more information about SteemitBoard, click here

If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

By upvoting this notification, you can help all Steemit users. Learn how here!

Congratulations @tanyaschutte! You have completed some achievement on Steemit and have been rewarded with new badge(s) :

You got your First payout

Click on any badge to view your own Board of Honor on SteemitBoard.
For more information about SteemitBoard, click here

If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

By upvoting this notification, you can help all Steemit users. Learn how here!

Baie oulik - ek resteem vir jou

Coin Marketplace

STEEM 0.20
TRX 0.16
JST 0.030
BTC 66181.33
ETH 2700.56
USDT 1.00
SBD 2.88