6 Beginsels van Persoonlike Paraatheid

in #oorlewing7 years ago (edited)

Beginsels van Persoonlike Paraatheid

Wanneer jy betrokke raak in die gebied van rampparaatheid, is daar verskillende opsies wat jy kan oorweeg om jou vlak van gereedheid te verbeter. Jy kan begin deur nuwe vaardighede aan te leer, soos hoe om 'n vuur te maak, water te suiwer of ‘n skuiling te bou. Jy kan ook voorrade of toerusting soos noodvoedsel of waterfilters aankoop. Nog 'n opsie wat jy kan oorweeg, is om infrastruktuur te vestig, soos om 'n kweekhuis te bou, 'n waterput te grawe of selfs 'n ondergrondse skuiling te bou.

Dit is egter belangrik om te besluit op 'n algehele strategie wat jy wil volg om meer paraat te raak. Sonder 'n algehele strategie kan jy vind dat jy al jou pogings fokus op 'n enkele komponent van paraatheid terwyl jy die ander vergeet. In hierdie artikel bied ek ses beginsels aan wat jy in jou algemene strategie kan insluit.

Beginsel 1: Persoonlike verantwoordelikheid

Die eerste beginsel is om verantwoordelikheid vir jouself te neem. Die feit dat jy hierdie artikel lees, dui daarop dat jy dit reeds oorweeg. Om dit egter in konteks te plaas, dink aan die volgende twee voorbeelde.

  1. Die eerste voorbeeld het betrekking op gesondheidsorg. As jy gelukkig is om private mediese sorg te hê, sal jy redelik vinnig toegang tot noodmediesesorg kan kry. In uiterste situasies, soos tydens groot rampe, kan selfs die goed bestuurde dienste egter oorweldig word met individue wat mediese sorg benodig. Ontwrigtende gebeurtenisse soos oorstromings of storms kan ook voorkom data jy 'n mediese fasiliteit kan bereik. In hierdie gevalle moet jy 'n manier kry om vir jouself te sorg totdat jy hulp kan kry.

  2. Die tweede voorbeeld het betrekking op wetstoepassing of sekuriteitsdienste. In die normale daaglikse funksionering van die samelewing, is daar genoeg lede van die sekuriteitsdienste om wet en orde te handhaaf. Onder uiterste omstandighede, soos wydverspreide onrus, sal dit nie die geval wees nie. Die kapasiteit van sekuriteitsdienste sal onder druk wees, en wetstoepassingsbeamptes sal dalk nie in staat wees om op jou oproep te reageer nie. In hierdie gevalle moet jy 'n manier kry om vir jouself te sorg.

Die noodsaaklikheid om self verantwoordelikheid te neem word selfs belangriker as jy 'n gesin het of ander mense moet versorg. In stresvolle situasies sal jou afhanklikes na jou kyk vir hulp en ondersteuning. Dit is dus belangrik om 'n plan te hê en voorbereid te wees vir 'n situasie waar hulp dalk nie beskikbaar is nie. Neem dus verantwoordelikheid vir jou eie voorbereidheid.

Beginsel 2: Kry ‘n plek om na toe te ontruim (sowel as 'n manier om daar uit te kom)

Tydens sommige gebeurtenisse sal jy by jou huis kan bly. In ander gevalle sal dit egter nie veilig wees nie. Dit kan wees as gevolg van die feit dat jou huis beskadig is tydens 'n gebeurtenis soos 'n aardbewing of ‘n storm. In ander gevalle is dit dalk as gevolg van gesondheids- of sekuriteitsredes nie veilig om in jou huis te bly nie. Die tweede beginsel van voorbereiding vereis dus dat jy êrens anders heen moet kan gaan.

Tydens gelokaliseerde rampe kan dit gepas wees om na die huis van familie of vriend in 'n ander voorstad of selfs dorp te gaan. In uiterste situasies sal dit egter nodig wees om weg te kom van die groot stede en na die plattelandse gebiede met laer bevolkingsdigtheid te gaan. Daar is baie inligting beskikbaar in boeke en aanlyn oor hoe om 'n veilige area te kies. Maar ewe belangrik is dat jy ook 'n plan moet hê oor hoe jy daar sal uitkom.

Jy moet ook vooraf besluit wat die "sneller" sal wees om jou huis te ontruim sowel as die metode van vervoer en roetes wat jy kan gebruik. Onthou dat verskillende gebeurtenisse elk 'n unieke impak op paaie en infrastruktuur kan hê. Jy wil ook nie te lank wag voordat jy vertrek nie, anders kan jy vasgevang word wanneer almal ook die stad probeer verlaat.

Beginsel 3: Oorleef

Of jy kies om tuis te bly tydens 'n ramp, of jy besluit om êrens anders heen te gaan, die derde beginsel hou verband met hoe jy aan die lewe bly tydens 'n ontwrigtende gebeurtenis. Dit is 'n baie breë onderwerp en dek 'n verskeidenheid aktiwiteite wat daarop gemik is om aan jou behoeftes vir water, kos, skuiling, sekuriteit, gesondheidsorg en higiëne te voldoen. Daar is verskeie webwerwe, boeke en opleidingskursusse oor die voorbereiding en oorlewing van rampe. Oorweeg jou unieke vereistes, en bepaal wat jy benodig, beide by jou huis en by areas waarheen jy wil ontruim. Evalueer die advies op webwerwe en in boeke krities, oefen die vaardighede, en skaf jou voorraad en toerusting met diskresie aan.

Beginsel 4: Getalle tel

Die vierde beginsel het betrekking op die vestiging van 'n ondersteuningsnetwerk. Die waarheid is dat jy in die ergste geval nie 'n menigte mense rondom jou wil hê nie. Die ander kant van die saak is egter dat jy in die meeste gevalle 'n beter kans op oorlewing het as jy deel is van 'n groep mense wat jy kan vertrou. Jy kan ook beter vooreberei vir 'n ramp as jy saam met ander hulpbronne bymekaarmaak en gebruik maak van die kennis en vaardighede van ander mense in die groep.

Ook, deur deel te wees van ‘n ondersteuningsnetwerk skep jy ‘n addisionele vlak van beskerming. Indien jy buite die dorp is wanneer 'n ramp voorkom, kan 'n lid van jou groep na jou gesin omsien. Die sleutels vir die stigting van 'n ondersteuningsgroep of netwerk is egter vertroue, aanspreeklikheid en om regverdig verantwoordelikheid te deel.

Beginsel 5: Oorweeg u prioriteite

Die vyfde beginsel hou verband met prioriteite. Dikwels vind jy mense wat so vasgevang is in die voorbereiding vir 'n toekomstige ramp dat hulle vergeet om die gawe van vandag te waardeer. Hulle laat toe dat die paniek om voor te berei beheer oor hulle lewens neem, hul finansies verwoes, en verhoudings met hul familie en vriende te laat skade lei. Dit kan die langtermyn volhoubaarheid van jou gesinsverhoudings en finansiële posisie in gevaar stel. Om 'n sterk gesin en gesonde verhoudings te bou, is net soveel deel van voorbereidding as om die volgende item op jou lys van toerusting te koop.

Volhoubare paraatheid behels nie net wat om te doen as daar môre rampe plaasvind nie, maar ook hoe om te oorleef as 'n groot ramp nie in jou leeftyd plaasvind nie. Hoe voorsien jy vir jou kinders se opvoeding? Hoe bou jy 'n gesonde verhouding met jou eggenoot, familie of vriende? Dit is alles vrae om te oorweeg vir langtermyn oorlewing.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek sê nie dat daar in sommige situasies nie 'n absolute dringendheid is om voor te berei nie. Verder is daar soms sterk leierskap nodig om sekere dinge te laaat gebeur. Dit is egter belangrik om jou insig, verstand en begrip te gebruik om die tekens te lees en die ontwikkeling van 'n bepaalde situasie te interpreteer. Wanneer jy met insig voorberei, sal jy vind dat sekere dinge vandag gedoen moet word, en ander kan oorstaan tot volgende week - nie omdat hulle nie belangrik is nie, maar om te waardeer wat jy tans het. Onthou, berei voor om te leef, moenie leef om voor te berei nie.

Beginsel 6: Gehoorsaamheid

Die sesde beginsel is een waarmee almal nie sal saamstem nie. Hierdie beginsel hou verband met die belangrikheid om te glo, en om jouself te onderwerp aan ‘n hoër mag, of deel te wees van ‘n groter saak of ideaal. As jou wêreldbeskouing bepaal dat jy die hoogste gesag in jou lewe is, sal jou oortuiging jou besluite, benadering tot voorbereiding en gedrag na 'n ramp dit weerspieël. Aan die ander kant van die spektrum, as jy in God glo en beweer dat hy die hoogste gesag in jou lewe is, moet jou benadering tot voorbereiding dit ook weerspieël.

Jy kan nie daarop aanspraak maak om op God te vertrou, en dan in 'n konstante toestand van paniek rondhardloop nie. As jy ook glo dat jy 'n Godsgegewe verantwoordelikheid het om voor te berei, kan jy ook nie met jou hande gevou sit en wag dat dinge vanself sal gebeur nie. Slegs jy kan besluit waar die balans vir jou persoonlik is. Dit is nie ideaal om uit 'n plek van vrees of paniek voor te berei nie. As jy glo dat jy geroep is om tyd, energie en hulpbronne te spandeer om voor te berei, moet jy ook leiding en wysheid soek. En wees dan gehoorsaam in wat jy glo jy moet doen.

'n Laaste Woord

Dit maak nie saak of jy al jare se ondervinding in paraatheid het, of onlangs begin het nie, jy benodig 'n strategie en moet beplan om te verseker dat jy jou doelwitte bereik. Hierdie strategie kan verskillende vorme neem en poog om verskillende uitkomste te bereik. Wat ek hier aangebied het, is ses beginsels wat jy kan oorweeg in die ontwikkeling van jou voorbereidingsstrategie.


Vir meer inligting oor persoonlike voorbereiding, oorlewing, en rampgereedheid besoek
Leef Voorbereid en Prepare with Foresight.

Plaas gerus u terugvoering of vrae in die kommentaar hieronder.


Online Training: Essential guide to survival in the wilderness with nothing.


Long-Term Food Supplies

Long Term Food Supplies

Coin Marketplace

STEEM 0.16
TRX 0.15
JST 0.028
BTC 54370.47
ETH 2283.51
USDT 1.00
SBD 2.33