Wanneer Staatsambulanse al die SA Poot Squad Onder Stof Ry...steemCreated with Sketch.

in #misdaad3 years ago (edited)

Surprise moment when you meet a friendly cop.jpg

Almal weet ek het groot respek vir die polisie in my land van herkoms.

Okay, ek bak 'n kluitjie.

Maar 'n kluitjie is darem nog beter as om op die publiek se koppe te kak met verstommende onbevoegdheid, soos ongeveer 90% van staatsamptenare in daardie land baie duidelik doen. Mens moet eers in 'n ander land woon voordat jy werklik die omvang begryp van hoe abnormaal Suid-Afrika die laaste 20 jaar geword het.

Kom ek vandag op Facebook op 'n artikel af van 'n radiostasie in SA, met laasgenoemde wat besonder baie boerbare onder sy lesers tel. Bykans - nee, alle - artikels wat die stasie plaas se kommentaarseksies het 'n sterk rassistiese ondertoon. Die nuwe naam vir swartes is blykbaar 'hulle', en 'hulle' is verantwoordelik vir alles wat verkeerd loop in die nare wêreld. Mag Jesus tog gou kom en ons verlos van die bose, sug tante Krankie daar.
Nie heeltemal verkeerd nie, maar boerbare met hul gaga geloof in 'n baie kakkerige - en beslis onbevoegde - godjie wat nie eens plaasmoorde kan keer nie is net so skuldig aan Suid-Afrika se teenswoordige toestand. Al opgelet dat die moderne boerbaar net kan kla kla kla en almal met negatiwiteit vergiftig, maar self geen praktiese oplossings aan die hand doen nie?

Elk geval, sien ek toe dié artikel waarvan ek terstond 'n skermgreep moes neem.

SA Polisie daag op na ambulanse weg is.jpg

Slegs so 3 of wat kommentare onder dit, omdat die slagoffers mos swart is, sien. Fok 'hulle', of hoe sê jy neef Jannie Blikvoet. As dit egter witpelsiges was wat Sprokieswolk toe vertrek het sou daar 'n rumoer van bliksems en dreigemente van doodslag onder die vergewensgesinde uitverkore volk in die kommentare geheers het.

Wat my getref het van die artikel is dat 'n massiewe skietery, met baie skote en baie aksie, moes plaasgevind het om vier vrektes te veroorsaak. In enige ander land sou polisielede vanuit helikopters gespring het en dit sou 'n verstommende vertoon van staal gewees het soos die polisie hul spiere bult en hele areas afgesper het. Net soos in die moewies ja, wanneer mens werklik trots is jy is aan die regte kant van die wet en jy sien jou belasting doen hul ding.

Dink maar aan skoolskutterye - nie dieselfde as skittery nie, hoewel dit beslis ook dan gebeur - in Amerika, hele kampusse word afgesper. Ook hier by my weet ek die vriendelike polisie kan enige situasie blitsig en bevoeg hanteer, soveel so dat ek gereeld saans in die somer om elfuur gaan draf sonder enige bekommernis.

Maar in Suid-Afrika? Die polisie kry 'n please call me. 'n Poot vul twaalf vorms in om toestemming te versoek by sy baas wat ere-hoenderborsie status by KFC geniet, om die nommer te kan terugbel. Veral omdat daar 'n advertensie onderaan die please call me was van die lotery wat sê mens kan geld wen as die Lotto se base nie eers alles steel nie. So bel maar terug. Mens weet nooit.

Die poot bel in Taal nommer 6. Maar die tjanker aan die ander kant is in Taal nommer 11. So gaan kry eers daar vir Siphonani, hy praat mos nommer 11. Maar Siphonani kan nie kom nie, hy is laasnag mos dood in daardie bar fight toe die sjebeen eienaar nie die bribe wou betaal nie. Uiteindelik word die skoonmaker gaan haal uit die besemkas, en hy verstaan darem toe waaroor die gesnuif aan die ander kant van die foun gaan.

Toe moet daar eers 'n tender uitgesit word om 'n voertuig te kry om tog maar te gaan kyk waaroor die hase so lawaai. Dalk het die snikker gelieg, Suid-Afrikaners is mos 'n oneerlike spul wat selfs lokvalle vir die polisie stel. Innocent Maldosa van Zimbabwe wie se pappie bevriend is met Kolonel Grootbekkie Sisa kry toe die tender, en kommandeer sy vloot gesteelde BMW's op om die pootbrigade te vervoer.

Blou ligte word opgeplak, en almal word verseker hulle is baie belangrik en moenie met hulle laat mors nie. Met geoliede ketties en sommer lekker lus vir mense moer is die pootpatrollie toe uiteindelik op pad. O gots, stop eers, ek het my masker vergeet. Okay toe is hulle op pad.

Lang storie kort, die polisie in Suid-Afrika is nie van die vinnigste in die wêreld nie. En so daag 'n spul ambulanse eerste by die toneel van 'n groot skietery op - waarskynlik nog begelei deur sekuriteitsvoertuie vanuit die privaatsektor wat weet hoe om 'n foon te beantwoord - en die spul paramedici spring aan die werk. Derms word teruggedruk, 'n arm word gedraai vir 'n petrolgeldjie terug hospitaal toe, 'n pastoor wat faith healing traai doen kry 'n poesklap, en die spul ambulanse is daar vort na 'n uur of twee.

En wragtig, hier kom 'n streep blou ligte nóú aan! Die Suid-Afrikaanse polisie het gearriveer, reg en gereed om cowboys en kroeks te speel.

Ek moes wonder, hoeveel mense moet nou eintlik geskiet word op een slag voordat die Suid-Afrikaanse Poot Squad (SAPS) vóór ambulanse op 'n toneel opdaag? 🤣 Godweet, wanneer het die Suid-Afrikaanse polisie só fokken slég geword. Hulle kom wragtig eers op 'n misdaadtoneel aan nadat die self stadige ambulansdienste al die slagoffers weggery het. En moenie dink dis die eerste keer nie, soos ek van aanlyn media verstaan is stadige gebrekkige diens nou die standaard in SA. Wat 'n skande. Dis nie asof die oorwerkte ambulansdienste in SA sommer blitsig na 'n misdaadtoneel sal jaag sonder talle vertragings van hul eie nie.

Die hoendervreter in beheer van die naaste pootbrigade aan die toneel klink vir my mos nie alte oppie bôl nie. Dis mos sy stasie wat so stadig uit die blokke was. Ek hoor ook nie dat die boerbare op die draadloos se FB blad wat so luidrugtig is oor sulke onbevoegdheid, self die foon optel en die hoofpoot uitkak nie. Wat's fout, is julle bang vir 'n ou wat nie eens sy eie polisielede kan motiveer om hul werk behoorlik te doen nie? Mag 'n blanke belastingbetaler nie sy voet neersit as hy swak diens by 'n swart staatsamptenaar sien nie?

SA criminal brag with guns on Facebook.jpg

Ja, die slagoffers in hierdie voorval is swart, maar volgende keer is dit dalk 'n klomp wit kinders wat moertoe geskiet word. Net omdat julle nie opstaan vir mekaar ongeag pelskleur nie. Misdaad in swart gemeenskappe raak witpelsiges ook, op verskeie maniere. Jy kan nie verwag ai' Soufie moet jou maagdelike trourok mooi stryk nadat haar nuwe man gisteraand doodgeskiet is nie.

Wat de fok is fout met julle, Suid-Afrikaners? Het julle al die foonlyne begin warm bel om die onbevoegde stasiebevelvoerder onder sy gat geskop te kry? (Of wie ookal verantwoordelik was vir sulke swak misdaadbekamping.) Het julle al gaan rumoer op jul polisie self se FB blad?

Dis hoog tyd Afrikaners begin vir swart Suid-Afrikaners ook opstaan, dis hoe mens kohesie bou en voorkom dat jou eie kind in 'n ambulans sterf. Jy hoef nie te wag totdat misdaad jou direk raak nie, raak betrokke nou reeds en hou jul swak polisie verantwoordelik vir hul gebrek aan behoorlike werksetiek. En dam sommer jul regters ook by wat hul godsnot in politieke uitsprake insleep.


Enjoyed this article? Then upvote it!
Like interesting, controversial news and opinions? Follow me!


Something You Should Look Into....

Would you like to get paid for using Facebook, Twitter, and others? Click the banner below to see how.

1-PSM-black

I am getting paid on various decentralized, Web. 3.0, true free-speech social media platforms with its millions of new users, simply for doing the same stuff you're doing on Facebook. Join up (it's all 100% free) through my invitation links below to get you approved sooner, if you want the same. You missed the free Bitcoins in 2011, don't miss this bus again!

(Right-click on a link and select ‘open in new tab’ to check them all out.)
Ecency - HIGHLY RECOMMENDED!
Read.cash
Noise.cash
publish0x.com
SteemIt.com

Oh, and I switched from Google Search to PreSearch Why?

  1. It delivers highly accurate, relevant search results to my queries,
  2. is vastly more private without tracking,
  3. has a beautiful customizable user interface,
  4. and they pay me for every single search, :)
  5. Plus I LOVE getting paid for doing what I would anyway have done online!
    PreSearch is now a default installation choice on Android phones in the European Union thanks to the above.

Coin Marketplace

STEEM 0.29
TRX 0.12
JST 0.032
BTC 60787.40
ETH 2994.79
USDT 1.00
SBD 3.82