Matriekafskeid 2017

in #education7 years ago

4-1-IMG_0195.JPGHierdie jaar het ons matriekafskeid op 27 Julie plaasgevind in die Drop Inn Sentrum, met die tema, Paris in France.

Alhoewel daar alreeds op ‘n vorige geleentheid besluit is om nie meer ouers by die geleentheid toe te laat nie, is die toegewing met die 42 matrikulante van hierdie jaar weer gemaak.

Die program is gelei deur Mnr Ricky Ambrosini en Mnr Bock. Die aand het begin met die aanloop van ouers wat matrikulante ingewag het, deur hul aanloop op die groot skerm in die saal kon waarneem. Die program het stiptelik begin met opening en verwelkoming, wat gevolg was deur ‘n kort boodskap van bemoediging deur Pastoor Bertus. Daarna het verskeie gassprekers die leerlinge bemoedig met kort, kragtige, motiverings boodskappe. Die tema van die gassprekers se boodskappe het dit beklemtoon dat leerders moet droom. Pastoor Bertus het in sy boodskap gepraat oor die talente en hoe belangrik dit is om dit te gebruik vir die doel waarvoor jy dit ontvang het.

Die munisipale verteenwoordiger, Mnr John Kominisi, het gepraat oor beoogde ontwikkeling in die Port en opkomende dromers om hul drome n realiteit te maak sodat hulle as boorlinge van die dorp gebruik kan maak van hierdie geleenthede. Kolonel Rose het getoon dat vroue top posisies vul en deur harde werk, sukses bereik.

Die tema verskil elke jaar van die vorige een en hierdie jaar sin het ook geval in dieselfde gees en goeie smaak van altyd…opwindend en innoverend.

Die leerders se kleredrag was van die nuutste style en almal was smaakvol en pragtig met maroon wat oorheers het.

Die hoogtepunt vir die gemeenskap was die fotosessies by die huis, sowel as die aankoms, lopery by die saal op die rooi mat. Gedurende hiredie tyd is die kante van die rooimat gevul van die skare om die “celebs” te sien loop. Binne die saal is dit natuurlik die toesprake en oorhandiging van aandenkings aan die matrieks

1-77-IMG_0065.JPG
Die fotosessies by die huis, by die Country Club se tuine, sowel as die aankoms, lopery by die saal op die rooi mat. Gedurende hiredie tyd is die kante van die rooimat gevul van die skare om die “celebs” te sien loop.

Om 12nm op 27 July is dit die einde van die Matriekafskeid, waarna hulle so lank na uitgesien het, behalwe meskien nog net die ‘after party’. Hierna is dit nodig om onmiddelik die fokus terug te skuif na die doel van hul loopbaan, en om die matriekjaar met kwaliteit en welslae af te sluit.

Die ouers en onderwysers is daar om te verseker dat hierdie matrikulante gereed is om hul skoolloopbaan suksesvol af te sluit.

2-80-IMG_0082.JPG

Sort:  

Congratulations @jiggo! You have completed some achievement on Steemit and have been rewarded with new badge(s) :

You published your First Post
You made your First Vote
You got a First Vote

Click on any badge to view your own Board of Honor on SteemitBoard.
For more information about SteemitBoard, click here

If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

By upvoting this notification, you can help all Steemit users. Learn how here!

Coin Marketplace

STEEM 0.18
TRX 0.16
JST 0.030
BTC 65775.18
ETH 2600.82
USDT 1.00
SBD 2.68