Stiltetyd: Daniel 6:4-6steemCreated with Sketch.

in #christianity4 years ago

Die Bybel gedeelte deel met ons dat Daniel 'n voortrefliker gees gehad het as die ander ministers. Dit het veroorsaak dat Daniel bo hulle uitgestyg het en dat hy vinniger as hulle bevorder was. Natuurlik was die reaksie van die ander om wraak te neem teen Daniel. Alreeds sê dit iets van die ander ministers se persoonlikhede as dit hulle reaksie is tot Daniel se voorspoed en guns.

Ons sien dat hulle toe begin soek het na iets wat Daniel in die regering verkeerd doen, maar kon niks kry nie omdat Daniel getrou, nie nalatig of verkeerd gehandel het nie. Dit is dus duidelik dat Daniel hom onderwerp het aan die regering wat oor hom aangestel was. Hy as persoon het baie rede gehad om negatief te wees, veral as 'n mens dink daaraan dat hy 'n banneling was wat in 'n vreemde land gesit het.

Ons leer dus iets van Daniel se hartgesinheid. Hy was 'n positiewe mens wat sy situasie prakties hanteer het. Hy het nie gesit en wens vir ander omstandighede nie. Hy was die skepper van sy omstandighede. Ons leer dus uit die gedeelte dat die regtig hartgesingheid oor die lewe lei tot die regte omstandighede in die lewe. Maar wat het Daniel se hartgesinheid bepaal?

Ons sien dat nadat hulle niks teen Daniel kon kry nie, hulle sy godsdiens aangeval het. Hier kon hulle baie redes kry, want Daniel het die God van sy vaders aanbid en nie die gode van die Mede en Perse nie. Hy was ook nie negatief gewees oor die gevolge van sy aanbidding van God nie, wat weer vir ons sy hartgesindheid uitwys, maar alles aanvaar in sy geloof en vertrou op Vader.

Ons leer dus dat die regte verhouding met Vader lei tot die regte hartgesinheid in die lewe en dit lei weer tot goeie omstandighede of die aanvaarding van minder goeie omstandighede. Dit leer ons om nie na die lewe met 'n oog van negatiwiteit te kyk, maar die positiewe te vind omdat Vader in beheer is.

My gedagte vir die dag!

Sort:  

Baie waar!!
Dankie

Coin Marketplace

STEEM 0.19
TRX 0.15
JST 0.029
BTC 63219.83
ETH 2574.36
USDT 1.00
SBD 2.78