Bybelstudie: Galasiërs 5:16-26 - Die sintuiglike en abstrakte realiteite

in #christianity7 years ago

"Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikhede van die vlees volbring nie"

Een ding waaraan ek 'n broertjie dood het wanneer met Christene praat is die abstrakte raad wat so maklik uitgedeel word. Wanneer hulle gevra word wat dit eindelik beteken word jy aangekyk asof jy van 'n ander planeet afkom - "verstaan jy dan nie die raad van die die Bybel nie".

Een van die abstrakte raadte wat se maklik uitgedeel word is "wandel in die Gees". Elke Christen sal "amen" sê hierop, want dit is presies wat die Bybel sê ons moet doen. My vraag is, wat beteken dit nou eindelik?

Ek dink dit kan iets anders vir elke persoon beteken. Ek dink ook dit is presies wat gebeur en daarom die baie sienswyses oor wat van 'n Christen verwag word. In elk geval hier is my 5 sent tot hierdie debat.

Ons moet onthou dat daar 'n Geestelike en 'n vleeslike wêreld is soos duidelik in hierdie teksgedeelte uitgewys word. Die vleeslike is maklik en dit is alles wat ons met ons sintuie kan waarneem. Ek sal dit die sintuigelike realiteit noem. Die Geestelik wêreld dui op dit wat ons nie met die sintuie kan waarneem nie en daarom sal ek dit die abstrakte realiteit noem.

Die argument in Galasiërs 5:16-26 is dat die abstrakte realiteit belangrike is as die sintuiglike realiteit. Daar word duidelik gestel in vers 16 dat ons as mens ons moet fokus om inlyn met die abstrakte realiteit te lewe. Die rede daarvoor word verduidelik verder in die gedeelte dat elke een van die twee realiteite hulle eie reël en wette besit.

Wanneer 'n mens inlyn met die wette begin lewe, produseer hulle teenoorgestelde resultate. Die wette van die sintuiglike realiteit produseer die "werke van die vlees" in verse 19-21. Die reëls van die abstrakte realiteit produseer die "vrugte van die Gees" soos verduidelik in vers 22.

Die eerste feit wat ons moet besef is dat die "werk van die vlees" en die "vrugte van die Gees" uikomste of resultate is van 'n sekere manier van optrede. Dit is die simtome en nie die oorsaak nie. Om vir myself te sê ek gaan myself dwing om net die "vruge van die Gees" te doen, is 'n verlore stryd. Aan die begin sal dit goed gaan, maar dit sal nie hou nie. Die rede is dat ek nog steeds volgens die reëls van die sintuiglike realiteit lewe. Terwyl ek fokus om die "vrugte van die Gees" te doen is ek nog steeds besig om die "werke van die vlees" te produseer. Een of ander tyd gaan die wipplank omswaai en ek is weer waar ek was. Hierdie slag net meer moedeloos, want ek het regtig probeer en God het my nie gehelp nie.

Wat beteken dit dan om in lyn met die abstrakte realiteit te kom? Ons abstrakte realiteit is geleë in ons waarde sisteem. Dit is ons waarde sisteem wat bepaal wat is belangrik en onbelangrik vir ons in die lewe. Mattheus 6:21 stel dit baie duidelik wanner dit sê; "want waar julle skat, daar sal julle hart ook wees". In gewone Afrikaans beteken dit dat ons sal optrede volgens wat belangrik is vir ons.

Vir my beteken dit dat ek 'n waarde sisteem moet bou wat in lyn is met die waarde sisteem wat in die Bybel vir ons uitgebeeld en beskryf word. Daardie waarde sisteem word grotendeels deur ons ouers aan ons gegee deur die wys hoe hulle ons opgevoed word, maar dit is net 'n gedeelte daarvan. My waarde sisteem is gebou volgens my verstaan wat God vir my leer deur die Bybel. Daarom is Bybelstudie so belangrik.

As elk van ons, ons eie waarde sisteem van uit die Bybel moet opbou, hoe weet ek of my verstaan van die Bybel reg was en ek die regte waarde sisteem opgebou het? Die antwoord is maklik. As die resultate wat my optrede produseer inlyn is met die "vrugte van die Gees", is ek op die regte pad.

Coin Marketplace

STEEM 0.19
TRX 0.15
JST 0.029
BTC 63834.78
ETH 2627.38
USDT 1.00
SBD 2.78