Kriptogeld: Wat is Bitcoin?

in #bitcoin3 years ago

Bitcoin is 'n alternatiewe finansiële stelsel wat in die toekoms een van die grootste finansiële stelsel in die wêreld gaan wees.

Bitcoin is 'n alternatiewe finansiële stelsel wat in die toekoms een van die grootste finansiële stelsel in die wêreld gaan wees. Die rede daarvoor is dat dit die enigste finansiële stelsel gaan wees wat eiendomsreg gaan waarborg. In die woorde van die Ayn Rand - "The right to life is the source of all rights—and the right to property is their only implementation".
Om verder uit te brei op bogenoemde stelling sal ek graag die volgende eienskappe van Bitcoin wil verduidelik:

1. Bitcoin is digitale eiendom

Die Bitcoin network bestaan uit onafhandlike nodes of delwers. 'n Samewerking van delwers word verseker deur dat hulle dieselfde protokol - die Bitcoin blokketting - gebruik. Die reëls wat in die blokketting geprogrameer is, bepaal die geaardheid van die protokol. Die etos van die kode is sekuriteit en stabieliteit. Die motivering om deel te neem is om nuwe munte - bitcoins - te ontvang wat die netwerk elke 10 minute vrystel wanneer 'n transaksie uitgevoer word. Hierdie munte is uniek en kan deur 'n eienaar in die vorm van digitale eiendom in besit geneem word.

2. Bitcoin versterk eiendomsreg

Die eienaarskap van 'n bitcoin word verkry deur the privaat sleutel van die bitcoin in besit te neem. Die bitcoin self is op die ketting en sal altyd daar bly. Die privaat sleutel is 'n tipe kontrak wat verwys na die bitcoin en die besit van die privaat sleutel is die eienaarskap van die bitcoin waarna dit verwys. 'n Privaat sleutel is net enkriptiese kode - nie iets fisies nie. Dit maak dit baie moeilik vir enige outoriteit om die sleutel to konfiskeer. 'n Eienaar kan letterlik sy besitreg behou deur net 'n frase te onthou.

3. Bitcoin beweeg wrywingloos

Die Bitcoin netwerk los the Ruimte-Tyd probleem van geld op. Die Bitcoin netwerk los the Ruimte-Tyd probleem van geld op. "Ruimte" verwys na die fisiese spasie wat geld opneem. Die beste voorbeeld is wanneer goud as geld gebruik word. Goud het fisiese plek nodig om hou en dit gaan gepaard met baie sekuriteit. Om die goud te skuif na 'n ander ligging, verg baie energie en beplanning. Bitcoin is digitaal en neem geen ruimte op nie.
"Tyd" verwys na die tydverloop wat nodig is om 'n transaksie te uit te voer. Die tradisionele finansiële stelsel is gebou op reserwe banke and kommersiële bank wat voort durig met mekaar moet kommunikeer. Hulle het 'n sentrale Groot Lêer wat opdatum gehou moet word. Om 'n transaksie deur die sentrale stelsel te stuur, neem lank om al die nodig verifikasies te doen.

Die Bitcoin netwerk is gedesentraliseer en transksies word elke 10 minute aangestuur.

4. Bitcoin maak skeiding tussen regerings en monetêre beleid

Die monetêre beleid waarvolgens Bitcoin funksioneer is in sy kode in geprogrameer. Enige verandering van die kode moet deur die gemeenskap aanvaar word. Wanneer die programeerders 'n voorstel doen vir nuwe funksionaliteit word dit aan die delwers voorglê wat dan moet besluit of hulle die verandering aanvaar. Nadat die meerderheid van delwers 'n aanvaarding aantoon, word daar 'n datum vir ontplooiing bepaal.

5. Bitcoin se koopkrag kan nie afgewater word nie

Koopkrag word afgewater deur 'n proses van inflasie waar daar meer en meer van die geldeenheid beskikbaar gestel word. Hierdie afwaterings proses word maklik in 'n gesentraliseerde netwerk gedoen , maar baie moeiliker in 'n gedesentraliseerde netwerk. Om afwatering te verhoed, bepaal die Bitcoin protokol dat net 'n maksimum van 21 miljoen munte vrygestel sal woord oor 'n tyd tydperk van meer as 'n honderd jaar. Die skaarsheid van bitcoins word geleidelik aan die mark bekend gestel deur dat daar elke 4 jaar (plus/minus) 'n halvering van die hoeveel nuwe munte wat vrygestel word, gebeur. Dit veroorsaak 'n verlaging in die aanbod en met 'n groeiende aanvraag verhoog dit die koopkrag van die munt. Met dit alles in aggeneem kan gesê word dat Bitcoin die beste vorm van geld is wat die mensdom nog ontwerp het.

Met dit alles in aggeneem kan gesê word dat Bitcoin die beste vorm van geld is wat die mensdom nog ontwerp het. Dit dien as 'n Stoor vir Waarde, 'n Middel vir Handeldryf en 'n Eenheid vir Rekeningkunde. Sy uniekheid verwyder eksterne beheer en laat toe dat geld soos 'n vrye mark optree.

Coin Marketplace

STEEM 0.19
TRX 0.15
JST 0.029
BTC 63407.49
ETH 2645.11
USDT 1.00
SBD 2.81