Kriptogeld: Bitcoin en Geld

in #bitcoin3 years ago

Bitcoin is die eerste digitale bate wat gebruik kan word as geld. Om te verstaan hoe dit moontlik is, moet ons eers die konsep van geld verstaan.

In 'n primitiewe gemeenskap is dit maklik om te verstaan dat mense produkte tussen mekaar kon geruil het. Die een wat visvang, het nie noodwendig groente gekweek nie. Egter is so uitruiling baie beperk en is net moontlik op kleinskaal en waar gemeenskaplede mekaar goed ken. Die rede hiervoor is die konsep van "toevalligheid van behoefte". Dit beteken dat my hoender nie altyd geskik sal wees om vir 'n vis by die visserman te ruil nie.

Hierdie verskille in behoeftes in die mark kan in drie dimensies beskryf word:

  • Verskil in Waarde: Die items wat verruil word het nie altyd dieselfde waarde nie. Dit moet moontlik wees om 'n item in kleiner gedeeltes te verdeel om 'n waarde ooreenkoms te kan bereik.

  • Verskil in Tyd: Wanneer dit nie moontlik is om genoeg van 'n produk binne 'n beperkte tyd te versamel nie. Die appelboer kan nie genoeg appels opgaar voordat die eerste bederf om genoeg te hê om vir 'n perdekar te ruil nie.

  • Verskil in Ligging: Die moontlikheid om ruilmiddels na enige plek vir handeldryf, te skuif. Wanneer vaste eiendom as ruilmiddel gebruik word, is dit onmoontlik vir die nuwe eienaar om die eiendom êrens anders op te stel.

Hierdie dimensies het geboorte gee aan indirekte ruilmiddels of wat ons as geld ken. Indirekte ruilmiddel het geen ander doel as om 'n transaksies te fasiliteer nie. Waar ander items 'n verbruikers- of produksiewaarde het, word indirekte ruilmiddels net aangeskaf om goedere mee te koop of te verkoop. Voorbeelde van geld deur die geskiedenis is: Skulpe, Edel gesteendes, Groot klippe, Beeste, Sout, Goud, Silwer, Koper, ens. Dit is die eerste eienskap van geld - 'n Medium van Uitruiling.

Die drie dimensies beskryf geld se verhandelsbaarheid as volg:

  • Waarde: Verhandelbaarheid in waarde word gekenmerk of the ruilmiddel in klein gedeeltes verdeel kan word of in groter eenhede gegroepeer kan word. Dit verseker dat items van gelyk waarde verruil word.

Ligging: Verhandelbaarheid in ligging verwys na die gemak waarmee die items vervoer kan word om transaksies op ander plekke uit te voer.

Tyd: Verhandelbaarheid in tyd verwys na die vermoë van geld om waarde oor tyd te behou. Vir die rede het metale soos goud en silwer oor tyd voorkeur gekry. In die dimensie van tyd gaan dit oor die Hardheid van Geld. Hoe harder geld is hoe langer hou dit sy waarde oor tyd. Die hardheid van geld word gemeet aan die verhouding tussen Voorraad van die geld en die Invloei van nuwe geld. Hoe groter die verhouding is, hoe harder is die geld, want dit beteken dat die invloei van nuwe geld is laag teenoor die voorraad geld wat reeds bestaan. Dit beskryf die tweede eienskap van geld - Stoor van Waarde.

'n Verdere belangrik aspek van geld is die vlak van aanvaarbaarheid daarvan. Dit is 'n gemeenskap ooreenkoms wat organsies ontstaan. Vir die rede waarom daar in die verlede baie verskillende vorme van geld was. Geld dien dus as 'n handels protokol vir die gemeenskap. 'n Protokol is 'n gestandaardiseerde manier van kommunikasie binne 'n gemeenskap. Dit bevat die reëls hoe die interaksies gebeur. In die geval van geld is dit die konsensus hoe uitruiling van waarde of handel moet gebeur. Omdat daar 'n standaard vir transaksies bestaan, is dit moontlik om 'n rekord daarvan te hou. Dit is die derde eienskap van geld - Eenheid van Berekeninge.

Wanneer bitcoin aan die drie dimensies en eienskappe van geld gemeet word, kan dit beskryf word as 'n baie goeie vorm van geld vir 'n gemeenskap. Dit kan maklik in kleiner gedeeltes verdeel word (waarde), net 'n beperkte hoeveelheid word vrygestel (tyd) en dit is maklik om te vervoer - digitaal (ligging). Daarby kan dit gebruik word as 'n Medium van Uitruiling, Stoor van Waarde en 'n Eenheid van Berekeninge.

Bron: Saifedean Ammous, (2018), "The Bitcoin Standard. The decentralised alternative to centralised banking / Chapter 1", Published by John Wiley & Sons, Inc., Hoboken, New Jersey

Coin Marketplace

STEEM 0.28
TRX 0.13
JST 0.033
BTC 61511.66
ETH 2989.02
USDT 1.00
SBD 3.63