'n Degesentraliseerde besigheidstruktuur - is dit moontlik? (17 Aug 2017)

in #besigheid7 years ago (edited)

Die "Blockchain" werk op 'n degesentraliseerde model waar onafhandlike eenhede saam gevoeg word om soos 'n eenheid op te tree. Die geheim is dat die "Blockchain" net 'n protokol is wat die reëls vestig hoe die individue moet optree. Die individue is dus onafhandlik wat die ander een doen, maar wat ook al na hulle kan toe kom word altyd op dieselfde manier hanteer. Dit stem oor een met die beginsel van 'n Kompleks Struktuur waar eenhede onafhandlik is, maar dieselfde reëls gehoorsaam.

Die vraag is hoe kan die beginsels toegepas word in 'n besigheid? Kan 'n besigheid weg beweeg van 'n gesentraliseerde struktuur na 'n degesentraliseerde struktuur waar daar meer op die individu op die grondvlak verwag word as van die hoof struktuur wat nie altyd in voeling is met dit wat op die grond aangaan nie?

In 'n artikel van Harverd Business Scholl oor Pal's Fast Foods het die volgende idees na vore gekom.

  1. Insentief
    Die winkels is "company owned" maar die takbestuurders word behandel asof dit 'n franchise is. Hulle word dus betaal uit die wins van hulle winkel en hulle neem self besluite sake soos HR wat gewoonlik die die hoofkantoor gedoen sou word. Hulle het dus 'n baie hoë insentief om te presteer en die sy winkel 'n sukses te maak.

  2. Regte persoon vir die regte job
    Die persone wat kwalifiseer om 'n takbestuurder te wees word baie streng gekies. Hulle ondergaan 'n minimum van 12 onderhoude. Daar was al tot 22 onderhoude gevoer om een persoon aan te stel. Die regte persoon op die regte plek is baie belangrik dat die winkel funksioneer uit die innerlike motivering van die persoon self - die satisfaksie wat hy kry deur net sy werk te doen.

  3. Goed uitgewerkte en gedokumenteerde proses.
    Soos met enige Fast Foods en veral McDonalds is al die prosesse in detail uitgewerk. Dit sê nie net wat gedoen moet word nie, maar ook hoe dit gedoen moet word. Die proses word die basis van alle werk en opleiding wat plaas vind. Om te verseker dat die proses teen 'n hoë kwaliteit funksioneer word daar baie min veranderinge gemaak in 'n werkende proses. Net om spek by te voeg by 'n hamburger het 3 jaar geneem, want een so 'n item verander die proses en hoe dit uitgevoer word. Die belangrikheid vir Pal's dat hulle proses reg werk is dat hulle soveel mense in 'n kort tydjie moet behandel as moontlik sonder om die kwaliteit van hulle produk daar onder te laat lei.

  4. Doelwitstellings.
    Daar word duidelike doelwitte gestel wat behaal moet word. Dit kan doelwitte wees om operasioneel te verbeter of om uitbreidings te doen.

Die vier punt naamlik, insentief, regte persoon, prossse en doelwitte mag die fondasie wees vir so 'n stuktuur om te funksioneer. Die eerste twee punte het te doen moet innnerlike motivering om die werk te doen so goed as moontlik. Geen "supervisor" is nodig om te kyk dat almal hulle werk reg doe nie. Die laaste twee punt het te doen met die uiterlike reëls wat seker maak dat almal inlyn met mekaar optree sonder om te kyk wat die ander doen.

Sort:  

Interesante artikel, Dankie

dankie vir die lees.

Congratulations @krabgat! You have completed some achievement on Steemit and have been rewarded with new badge(s) :

Award for the number of upvotes

Click on any badge to view your own Board of Honor on SteemitBoard.
For more information about SteemitBoard, click here

If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

By upvoting this notification, you can help all Steemit users. Learn how here!

Congratulations @krabgat! You have completed some achievement on Steemit and have been rewarded with new badge(s) :

Award for the number of upvotes

Click on any badge to view your own Board of Honor on SteemitBoard.
For more information about SteemitBoard, click here

If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

By upvoting this notification, you can help all Steemit users. Learn how here!

Coin Marketplace

STEEM 0.19
TRX 0.15
JST 0.029
BTC 63501.83
ETH 2650.23
USDT 1.00
SBD 2.81