Skoon Afrikaanse HumorsteemCreated with Sketch.

in #afrikaans5 years ago

composing-2925179_1920.jpg

Wat?
Kry geld vir jou grap. Kom lees gereeld die ander se grappe. Onthou dat jy ook geld kry as jy hulle "upvote". 'n Hele 25% gaan vir kurasie. Sien die Artikel vir meer inligting: (https://steemit.com/welcome)

Hoe?
Druk "Reply" (Sien onderste prentjie) en Deel 'n Skoon Afrikaanse Staaltjie of Grappie met ons

Waar?
Onderaan hierdie artikel sal jy 'n area sien wat lyk soos in Figuur 1 dan druk jy net "Reply" en tik jou bydra daar.

Hoekom?
Jy kry "upvotes" vir jou "reply" wat beteken jy kry geld. Sien Figuur 1 waar die outeer $323.72 kry vir sy bydrae. Elke keer as iemand "upvote" Kry jy ietsie...

Figure 1: Is 'n voorbeeld van hoe die "Reply" lyk en die bedrag geld wat iemand verdien het.

Steemit reply.jpg

Definisie
Beskrywing van 'n Skoon Grap of storie:
Iets wat jy vir jou predikant sal kan vertel.

Volgende Stap
Jou volgende stap is om die "upvote" hier onder te vind en te druk.
Dan druk jy "reply", Tik en verdien...

Maklik ne? Druk "upvote" As jy saam stem

Sort:  

Sukkel jy om "nee" te sê?

Vat mense "advantage" van jou?

Probeer dit bietjie!
Sê "nee", "nee". Oefen dit ;-)
Sê sommer vir (amper) alles "nee" vir 'n week.

As jy polite of nice wil wees, sê dan "nee dankie". Anders sê jy net "nee"!
Jy hoef nie altyd vir ander te verduidelik nie, want jy het nie altyd 'n goeie rede in hulle (of jou eie) opinie nie. So sê net "nee"!

As jy dit doen dan sal jy sien mense behandel jou soos jy hulle toelaat om jou te behandel.

Disclaimer: Gebruik natuurlik jou eie diskresie terwyl jy leer/ oefen om "NEE" te sê.

Die seuntjie vra sy juffrou om hom te help om sy skoene aan te trek.
Juffrou probeer met 'n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voetjies te kry.

Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al 'n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry.

Dis toe dat die bulletjie so tussen sy vier afwesige voortandjies sê,
"Juffwou, hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet.”

Sy kyk en so wrintiewaar, die vellie ís aan die verkeerde voet. Die uittrek van die vellie van die verkeerde voet gee nóg ‘n hengse gespook af.

Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellie aan die régte voet aan te trek, steeds met 'n groot gesukkel. Amper klaar, kondig die mannetjie aan: "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie.“

Sy ontplof byna, maar hou kop en sê kalm, "Hoekom het jy nie vroëer iets gesê nie?”

Die gestoei begin weer om die vellies uit te trek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer: "Dith my boetie the vellieth. My ma het gesê ek moet dit vandag dra want myne is weg."

Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan die mannetjie se voetjies.

Dis toe dat hy trek aan die juffrou se baadjie en vra verleë; "Juffwou, wat van my kouthe?"

Juffrou skree, "Nou waar is jou vervlakse kouse dan??!!”

Die knapie sê: "Dith voor in my vellieths."

Ek hou baie van werk, ek kan ure na dit kyk...
net nie maagwerk nie...

So gaan dit...
Adam blammeer vir Eva.
Eva Blammeer die slang.
En daar het die slang nie 'n been om op te staan nie...

Werk beskikbaar vir 'n telepatiese persoon...

Jy weet waar om aansoek te doen

Goeie ene

Hi Giepie! Lekker om jou hier te sien!

Hulle sê draf is sulke goeie oefeninge. My ouma het begin draf toe sy 62 was en nou weet niemand waarheen sy is nie...

Dis 'n Goeie idee! Baie Dankie Vir Die Oulike Idee!

Verpleegster: "Dokter daar is iemand op die foon wat sê hy is deurskynend..."
Sielkundige: "Sê vir hom ek kan hom nie nou Sien nie!"

Kyk net hoe wnoredlik is jou brien dat jy kan simanak van die?

Mnes kan ites lees al is dit vekerrd gesepl, solnak die ersete en lasate leettrs net op hlule pelk is. Solank Jy die retge leettrs het, al is die voglrode vkererd om.

Silm jy is Warailk!

Eksamen Vraag: Vertaal "Guardians of the Galaxy".

Antwoord: sekuriteitswagte by Samsung winkel.

Why is abbreviated such a long word?

Coin Marketplace

STEEM 0.30
TRX 0.11
JST 0.034
BTC 66499.54
ETH 3203.31
USDT 1.00
SBD 4.14