Stiltetyd: Galasiers 1:6-7steemCreated with Sketch.

in #christianity4 years ago (edited)

Gal 1:6-7
“Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van Hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.”

Paulus kleim dat net sy evangelie reg is en die wat van hom verskil, verkeerd is. Iemand wat so baie dink van sy eie opinie is gewoontlik ‘n saak van agterdog. Tog is dit nie hoe die kerk oor Paulus se lering voel nie. Waarom kon Paulus met gesag praat oor die evangelie van God?

Die Apostels wat die Nuwe Testamentiese geskryf het, het almal in die tyd van Jesus geleef. As volgelinge van Jesus het hulle direkte lering van Hom kry. Die insig en gesag van die Apostels se lering is dus gegrond op die direkte lering van Christus. Wat is die lering wat Paulus ontvang? Veral as ons ingedagte hou dat toe Jesus geleef het, was Paulus ‘n Fariseër wat Sy lering verwerp het. So, wie het Paulus onderrig?

Paulus verduidelik self in Han 22:3 en Han 23:6; “Ek is ‘n Jood, gebore in Tarsus in Cilicie, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamaliel, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, ‘n yweraar vir God soos julle almal vandag is.” “Broeders, ek is ‘n Fariseer, die seun van ‘n Fariseer.” Paulus het diepe onderrig en verstaan gehad van die wet en die Geskrifte (die Ou Testament). As bekeerde was dit dus vir hom maklik om te sien hoe Jesus die vervulling van die beloftes was. Maar dit kan nie die basis van sy gesag as Apostel wees nie. Petrus en andere was net vissermanne en kon ook met gesag praat oor die evangelie van God. Daar moet iets meer in Paulus se onderrigting wees.

Op die pad na Damaskus Het Jesus op ‘n bo-natuurlike wys met Paulus gepraat wat tot sy bekering gelei het. Die eerste les wat Paulus dus leer is dat Jesus wel die Seun van God is en God self. As ‘n blinde man vertoef hy in Damaskas waar God Ananias na hom toe stuur om sy sig weer te open. Met dieselfde ywer as wat hy die Christene vervolg het, begin Paulus die boodskap van Christus verkondig. Dit was nie lank nie of hy moes vlug in ‘n mandjie oor die muur van Damaskus (Han 9:20-24-25). Lukas vertel dat Paulus na Jerusalem toe vertrek het. Ander Bybel gedeeltes wys daarop dat daar drie jaar verloop het tussen vers 25 en vers 26 in Handelinge 9. Ons leer daarvan in Gal 1:15-18 waar Paulus verduidelik hoe hy tyd in Arabie spandeer het en weer teruggekeer het na Damaskus voordat hy Jerusalem toegegaan het.

Wat het met Paulus in die woestyn gebeur? Nerens in die Bybel deel Paulus die besonderhede van die ervaring met ons nie. Ons ‘n interessant tendens hoe Jesus met Paulus gewerk het. Die eerste geval was op die pad na Damaskus waarna ons reeds verwys het. Nog so insident vertel Paulus vir ons in 2 Kor 12. Om nie in homself te roem nie, praat hy van homself in die derde persoon. In 2 Kor 12:1-4 vertel Paulus hoe hy weggeruk was na die derde hemel en dat hy in die Paradys ontuitspreeklike woorde gehoor het. Woorde wat hy nie mag uitspreek nie. As Christus vir Paulus direk in die geestes wereld geleer het, kan ons aanvaar dat sy ervaring in die woestyn iets soortgelyks moes gewees het.

Die geloofwaardigheid van Paulus se boodskap is gebou op in die onderrig wat hy van Christus in die geestes wereld ontvang het. Hierdie uitreiking van Christus na hom en sy verstaan van die Geskrifte was dit moontlik vir Paulus om ‘n baie diep verstaan van die evangelie te ontwikkel. As Paulus dus aan die gemeente van Galasie se dat enige iemand wat verskil van sy boodskap verkeerd is, is hy reg. Niemand anders is so onderrig soos hy in die boodskap van Christus nie. Dit is ook presies wat Paulus vir ons skryf in vers12 - "Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus."

Sort:  

Dankie vir die boodskap!!

Coin Marketplace

STEEM 0.32
TRX 0.11
JST 0.034
BTC 66384.36
ETH 3272.25
USDT 1.00
SBD 4.27