Romeine 11:1-11 - Gaan Donald Trump die Amerikaanse verkiesing wen?

in #afrikaans3 years ago

Ek is nie 'n profeet nie en daarom kleim ek nie dat ek die hoorder is van Vader se woord aan die mensdom nie. Wat ek wel kleim is dat ek 'n Christen is wat die wil van Vader soek in my huidige omstandighede. So, het ek vanoggend weer eens Vader se leiding en wil gesoek om te verstaan wat is dit wat gebeur met die Amerikaanse verkiesing. Voordat ek verder gaan wil ek nie dit daar buite sit dat ek wel 'n Trump ondersteuner is en nie omdat hy 'n wonderlike persoonlikheid het nie, maar omdat ek glo dat hy die instrument is wat Vader in plek gesit het om Sy wil uit te voer.

Soos baie ander Christene het ek gehoop dat Trump sy tweede termyn baie maklik sal wen en was ook geskok dat dit nie gebeur het nie. Met die tyd van die skryf van die blog, is die verkiesing resultate nog onder despuut. My vraag was dus soos baie ander oggende wat is dit wat aangaan en weereens vir Vader gevra om Trump die oorwinning te gee. Die gedeelte wat ek vanoggend gelees het was Romeine 11 en dit is asof Vader my deur die gedeelte 'n antwoord gegee het. Dit is die antwoord van Vader soos ek dit verstaan. Ek is net 'n sondige mens en kan nie kleim dat ek Vader altyd reg verstaan nie.

Vers 1-2: Vader het ons nie verstoot nie. Dit mag dalk op die oomblik voel dat ons deur die skyn oorwinning van Biden oorgegee en verlaat is deur Vader, maar Vader bevestig met my dat Hy nie sy volk verstoot het nie. Hy is nog daar en Hy kyk nog steeds na ons belange en soek nog steeds die beste vir Sy kinders.

Vers 3-5: Die teenstand is geweldig en gemik om alles wat aan Vader herrinner te probeer vernietig. Hulle skep die idee dat die wat Vader volg enkelinge is wat uit pas uit is met die hoofstroom van denke. Soos met Elia voel dit vir Christene om te vlug na die woestyn en in afsondering weg te kruip en stil te bly. Maar se Vader dat dit nie die geval is nie. Dat Hy wat God is vir Hom 'n oorblyfsel uitgehou he wat die knie voor die Satan nie gebuig het nie. En net soos in die tyd van Elia is daar ook vandag 'n oorblyfsel wat Vader uitgehou het en bewaar het vir Hom. Om 'n Christen te wees en in die waardes van die Bybel te glo is nie die uitsondering soos Satan vandag se Christen wil laat voel nie. Ons is nie uit pas uit met die hoofstroom nie, ons is die hoofstroom.

Vers 6: Dit wat Vader doen en vir ons gee kom nie deur ons werke nie nie, maar deur die genade van Vader. Met die 2016 verkiesing het Donald Trump gewen teen alle verwagting. Die Christene en konserwatiewes het nie eens geglo dat hy 'n kans staan nie, maar Vader het aan hom die oorwinning gegee. Trump se 2016 oorwinning was die resultaat van Vader se genade en nie die werke van mense nie. Waarom sal die verkiesing anders wees. As Vader die oorwinning gegee het deur die verkiesing sal mense kon geroem het dat dit hulle werk was wat Trump die presidentskap gegee het. Maar Vader sê dat Hy gee deur genade en nie deur werke nie. Wanneer dit lyk dat die werke en pogings van mense geen hond-haaraf maak nie, sal wees wanneer Vader die oorwinninge gee. Dit gaan oor genade en die werk van Vader en nie dit van mense nie.

Vers 7-10: Dit wat hulle soek, gaan hulle nie verkry nie, maar dit wat Vader se kinders soek gaan hulle verkry. Vader het oor hulle 'n diepe slaap gestuur sodat hulle nie sien nie en nie hoor nie. Hulle eie tafel wat hulle voorberei het, sal vir hulle 'n vangstrik wees. Hulle gaan dink hulle het die oorwinning deur hulle leuens en strikke wanneer die Vader die leuens en strikke teen hulle sal draai en hulle in hul eie nette sal vang.

Vers 11: Vader gaan nie net die die aanslag van Satan afweer nie, maar deur die hulle val sal Sy Naam en Woord uitgaan en bekend word aan hulle wat Hom nie as Vader erken nie.

Dit is wat ek uit vanoggend se gedeelte gekry het. Vader is in beheer en dit gaan nie oor Donald Trump nie, maar oor Vader en wat Sy wil is. Dit maak nie saak wat die wêreld beplan nie, Vader het nog altyd Sy plan en Hy is in beheer. Die wil van Vader is nie gebou op die werke van mense nie, maar op Sy genade sodat die oorwinning Vader kan verheerlik. As die Vader mense werke gebruik gaan dit net verder tweesplat veroorsaak, maar wanneer Sy genade uitgaan trek Hy die nader wat nog nie Sy kinders is nie.

Daarom sê ek in vanoggend se gebed dankie aan Vader vir die skyn-oorwinning wat Hy aan Biden gegee het. Vader sal self Sy oorwinning gee. As dit nie die slag weer deur Donald Trump is soos die vorige 4 jaar nie, sal dit deur 'n ander instrument wees. Dit gaan oor die genade wat Vader uitstort en nie die werk wat 'n mens doen nie.

Mag jy, geagte leser, 'n geseënde dag hê!

Daniël

Coin Marketplace

STEEM 0.29
TRX 0.11
JST 0.033
BTC 63945.57
ETH 3135.76
USDT 1.00
SBD 4.00