Rots in ons pad.
n Seuntjie het buite gespeel en hy was besig om vir hom huisies te bou en paaie te maak sodat hy met sy karretjies daarop kon ry.
In die proses was daar n baie groot rots wat in sy pad was, en hy het alles probeer om die rots geskuif te kry. Hy het dit getrek, hy het dit gestoot, hy het naderhand sy fietsie gaan haal en n tou daarom vasgemaak en dit so probeer wegtrek, maar alles tevergeefs.
Die sweet het hom afgetap, en hy het moedeloos langs sy pa gaan sit wat onder n boom op n bank gesit het, en hiedie hele petalje aanskou het. Sy pa het hom vol liefde aangekyk en vir hom gevra. "Boetman het jy nou alles probeer? Baie verontwaardig se hy vir sy pa:- "Pappa het gesien hoe hard ek gesukkel het, ek is nou so moeg en die rots beweeg nie."
Sy Pa het saggies oor sy koppie gestreel, en vir hom gese " Maar Pappa het gesien hoe sukkel ek" En toe antwoord sy pa in n sagte stem, "Nee my seun, jy het nog nie alles probeer nie, want jy het my nog nie gevra nie".
Here hoe dikwels het ons hierdie vreeslike rots in ons pad, en niks wat ons doen of se beweeg dit nie, en as ons dan op n hopie neersak en ons wil huil van moedloosheid ,dan vra U so saggies:- " My Kind, het jy my al gevra? " Ons erken vandag dat ons eers in ons eie krag probeer, en as n laaste poging dan gaan ons na U toe. Here, van hierdie dag af,
onderneem ek om eerste by U Voete te gaan sit, dan het ek nie nodig om my eie kragte so uit te put nie.
Amen.
Your Post Has Been Featured on @Resteemable!
Feature any Steemit post using resteemit.com!
How It Works:
1. Take Any Steemit URL
2. Erase
https://3. Type
reGet Featured Instantly � Featured Posts are voted every 2.4hrs
Join the Curation Team Here | Vote Resteemable for Witness
This post has received a 0.31 % upvote from @drotto thanks to: @banjo.
Okay but where I am not so clued up with this program. Please help me Mr. Robot.